10 Voedselsoorte Wat Jou Hond Nooit Moet Eet Nie

Hier volg ʼn lys van die 10 voedselsoorte wat jou hond nooit moet eet nie, want baie hondeienaars voer hulle honde mense kos.

Hoekom? Omdat hulle dink dit is ʼn manier om hulle liefde te wys. Terwyl dit aanvaarbaar is om sommige kos vir honde te gee, is dit steeds die beste is om ʼn volledige en gebalanseerde hondekos te voer.

VOEDSELSOORTE WAT JOU HOND NOOIT MOET EET NIE:

1. ALKOHOL

Alkohol het dieselfde uitwerking op ʼn hond se lewer as wat dit op die mens se lewer het , maar ʼn kleiner hoeveelheid veroorsaak groot skade in honde. Enige voedsel of drankie wat alkohol bevat kan braking, diarree, onderdrukking van die sentrale senuweestelsel, koördinasie probleme, asemhalings probleme, ʼn koma en uiteindelik dood veroorsaak. Hoe kleiner die hond, hoe groter die effek.

2. BENE

Baie van ons het groot geword met die idee dat dit goed is vir ons hond se tande om vir hom bene te gee, en terselfdertyd hou dit hom sommer besig.  Met die tyd het ons geleer dat bene een van die gevaarlikste dinge is wat ons vir ons honde kan gee.  Bene veroorsaak gereeld gebreekte tande, verstikking en kan ook splinters vorm wat die verteringstelsel kan sny of ʼn obstruksie veroorsaak. Die simptome van ʼn obstruksie in die verteringstelsel is braking (gewoonlik net na hulle geëet het), swakheid, diarree of die hond wil  glad nie eet nie. Volgende keer as jy daaraan dink om die oorskiet bene van die restaurant af huis toe te vat vir jou hondekinders, dink twee keer en heroorweeg.

3. KOFFIE EN KAFEÏNE

Koffie, tee, kakao, sjokolade, Coke en energiedrankies soos Red Bull, party verkoue medisyne en pynpille bevat alles kafeïne. Simptome van kafein vergiftiging sluit in rusteloosheid, vinnige asemhaling , hartkloppings, spier sametrekkings en stuipe.

Groot hoeveelhede kafeïne kan dodelik wees.  Bly maar uit die versoeking om jou  laat middag koffie of tee met Wagter deel.

4. SJOKOLADE

Honde is gewoonlik mal oor die smaak van sjokolade.  Sjokolade, selfs wit sjokolade, bevat teobromien wat giftig is vir honde.  Donker Sjokolade en onversoete bak sjokolade soos kakao is die mees gevaarlikste.  Jou hond kan braking en diarree ervaar selfs al lek hy net die mengbak uit.  Simptome van teobromien vergiftiging is braking, diarree, oormatige dorsheid, abnormale hartkloppings, stuipe en dood.

5. DRUIWE EN ROSYNTJIES

Rosyntjies en druiwe smaak vir honde baie lekker, en hulle is baie vinnig om dit op te pik as jy dit dalk per ongeluk laat val. Hoekom weet ons nie, maar selfs klein hoeveelhede druiwe en rosyntjies is giftig vir honde en veroorsaak nierversaking.

Simptome wat mag voorkom is braking, lusteloosheid en depressie.

6. MACADAMIANEUTE

Net soos druiwe en rosyntjies is ons nie seker hoekom Macadamianeute giftig is vir honde nie.  Die meeste van ons gebruik dit nie elke dag nie, maar dit is goed om te weet as jou hond dalk moontlik daarvan in die hande kry.  Slegs 6 neute kan jou hond baie siek maak.  Spiersametrekkings, swakheid, verlamming van die agterbene, braking, hoë temperatuur en ongereelde hartkloppings is simptome van vergiftiging.  As hulle sjokolade eet met hierdie neute in sal dit die simptome net soveel erger maak.

7. UIE EN KNOFFEL

Sommige mense het die persepsie dat as jy jou hond uie en knoffel voer dit vlooie sal voorkom.  Hulle sal definitief ʼn slegte asem hê, maar dit sal nie help vir vlooie nie.  In teendeel kan dit baie toksies wees as dit gereeld geëet word. Knoffel en Uie in enige vorm kan rooibloedselle vernietig wat dan lei tot bloedarmoede in honde. 

ʼn Groot hoeveelheid op een slag, of klein hoeveelhede meer gereeld kan vergiftiging veroorsaak wat simptome insluit soos, swakheid, braking, lusteloosheid en asemnood.

8. VRUGTE PITTE EN SADE

Perskes en pruim pitte kan ʼn obstruksie in die dermkanaal veroorsaak wat chirurgies verwyder moet word.  Die simptome van ʼn obstruksie in die verteringstelsel is braking (gewoonlik net na hulle geëet het), swakheid, diarree of die hond wil  glad nie eet nie. Die pitte bevat ook Sianied wat giftig is vir mense en honde. Gooi eerder jou vrugte pitte in die asblik as in die tuin of komposhoop waar Wagter dit kan kry.

9. XYLITOL

Wat is dit? Wel, dis ʼn natuurlike suiker vervanger wat ons in suikervrye kougom, lekkers, grondboontjiebotter, tandepasta en mond spoel kry.  Xylitol kan braking, swak koördinasie, stuipe en selfs lewer skade veroorsaak.  Maak seker die Grondboontjie botter wat jy gebruik in jou hond se gunsteling Kong speelding bevat nie Xylitol nie, en hou maar jou kougom vêr buite jou hond se bereik.

10. SUURDEEG

Wanneer jou hond rou suurdeeg eet swel dit op in sy maag wat dan die hond se maag rek en ernstige pyn veroorsaak.  Gis word ook in bier gebruik vir fermentasie om alkohol te produseer.  Hierdie proses duur voort in jou hond se maag wat ook dan die risiko van alkohol vergiftiging  inhou.  Weerhou jouself maar om vir hulle ʼn stukkie te gee wanneer jy weer lekker tuisgemaakte brood bak.

AFSLUITING

Honde is oor die algemeen baie nuuskierig en hou daarvan om met hulle monde te verken.  

Ons kan so versigtig as moontlik wees, maar somtyds sluk jou hond voedselsoorte wat hulle nooit moet eet nie.

Dit is ʼn baie goeie idee om jou familie veearts en na ure kliniek se nommers op die yskas of naby die foon te hou.

Indien die situasie homself voordoen, bel dadelik en vra vir advies as jy vermoed dat jou hond dalk iets geëet het wat giftig is.

One thought on “10 Voedselsoorte Wat Jou Hond Nooit Moet Eet Nie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *