Site icon ePETstore Blog

Hoe Om Die Regte Katsand Vir Jou Kat, Huis En Lewe Te Kies

Hoe om die regte katsand te kies? Uitstekende vraag, want dit is uiters belangrik om ons bondeltjie liefde met die regte katsand te bederf. VERAL omdat onhigiëniese katsand kan gevaarlik wees vir hulle en natuurlik vir ons ook. 

Hier is ʼn lys met voor- en nadele, gebaseer op my ervaring:

BIO-AFBREEKBARE (KLONTVORMENDE) KATSAND

PRODUKTE
KIT CAT SOYA CLUMP | CAT’S BEST LITTER | BAMBOO CAT LITTER

Hierdie katsand word gemaak van herwinbare materiaal en is uitstekend om stankies en klankies te verberg, asook om hoë volume vloeistof te absorbeer – nes ‘n sponsie!

Onthou – tonne onoplosbare katsand word jaarliks in stortingsterreine weggegooi, wat tot gevolg het dat sommige katbollies meeste van ons oorleef.  As hierdie angwekkende statistiek jou ontstel, is hierdie omgewingsvriendelike katsand ideaal vir jou! 

Ons is mal oor die SOYA CLUMP LITTER en dit word nog steeds in ons huis gebruik. Natuurlik is al drie soorte uitstekende keuses en spog ook met wonderlike kat-mamma en kat-pappa resensies.

VOORDELE

 NADELE  

 ✿ BIO-AFBREEKBARE (NIE-KLONTVORMENDE) KATSAND

PRODUKTE
MARLTONS CAT LITTER | MARLTONS ECO LITTER

Weereens, bio-afbreekbare katsand kan hoë volume vloeistof absorbeer, is wonderlike vir die planeet en geliefd deur baie.

Hierdie katsand vereis slegs dat ʼn mens die goudmyne sal optel, wat dit natuurlik min moeite en ekonomies maak. 

VOORDELE 

NADELE

NIE-BIO-AFBREEKBARE (KLONTVORMENDE) KATSAND 


PRODUKTE
SMART CAT CLAY LITTER | MARLTONS HYGIENE CAT LITTER | REGAL CAT LITTER

Danksy hierdie katsand se stywe klontvormende formule, word vloeistof in ʼn japtrap geabsorbeer voordat dit die bodem van die sandboks bereik. Dit voorkom natuurlik sweet en trane met skoonmaaktyd.

As jou kat hou van vinnige druppels maak, is hierdie die beste keuse wat jy kan maak vir julle huis – MAAR as jou kat hou van gate grou op soek na goud soos in KRINGE IN DIE BOS – is jy in vir ‘n wilde skoonmaak avontuur.

VOORDELE 

NADELE

SILIKA KATSAND

PRODUKTE
MARLTONS CRYSTAL LITTER | SCOOP-FREE LITTER TRAY | SCOOP-FREE CRYSTALS (REFILL)

Silika katsand is uitstekend om hoë volume vloeistof te absorbeer, asook om poefies uit te droog, wat dit natuurlik ‘n briljante katsand maak as jou katjie ‘n loperige magie het.

Hierdie katsand voorkom ook dat bakterieë ongebreideld vermeerder in jou kat se sandboks.

As jy iets spoggerigs in jou huis wil hê, oorweeg dit om die SCOOP-FREE LITTER TRAY te koop. Die naam sê alles.

VOORDELE

NADELE

SÊ VAARWEL AAN VUIL REUKE


PRODUKTE
SOYA CLUMP CHARCOAL | CLOSED LITTER TRAY | ENVIROFRESH | LITTER FRESHENER

Meeste katsand kan reuke soos die Skim in die nag laat verdwyn, maar as jy voel jy kort dubbele beskerming, belê in steenkool gegeurde katsand. Dit is ʼn bekende feit dat steenkool ʼn uitstekende hulpmiddel is om reuke te verwyder. Probeer gerus hierdie produkt, want wie wat nie waag nie wen nie né.

Vir driedubbele beskerming, oorweeg om ‘n CLOSED TRAY te koop, wat eksotiese bolliewalms binne die boks hou. Hierdie toilet kom met ʼn steenkoolfilter vir daardie ekstra skans teen stinkmonstertjies.

As jy nog steeds voel die ipekonders binne in jou is op soek na aandag, kry vir jou ODOUR NEUTRALIZERS asook die  CAT LITTER FRESHENER wat wondermiddels is om stankies en klankies  in ʼn oogwink te verwyder.

AFSLUITING

Dit is ons plig as kat-ouers om seker te maak ons katte is skoon, gelukkig en baie tevrede. So om die regte katsand te kies is ‘n uiters belangrik.

Geniet jou inkopies!

OPSOEK NA DIE ENGELSE WEERGAWE? ↓↓↓

HOW TO CHOOSE THE RIGHT CAT LITTER FOR YOUR CAT, HOME AND LIFE.

Exit mobile version