Hoekom Eet Honde Gras? – Oorsake en Oplossings

brown and white dog enthusiastically eating gras

Meeste hondeienaars erken dat hulle honde gras eet.  Sommige honde is selfs kieskeurig en het ʼn voorkeur! MAAR hoekom eet honde gras?

Daar’s verskillende teorieë wat die rondte doen. ‘n Tekort aan sekere voedingstowwe, gedragsprobleme tot siektes, of bloot omdat hulle daarvan hou.

IS DIT VEILIG?

Wat ons wel weet is dat dit absoluut veilig is vir honde om ʼn bietjie gras te eet. Maak seker jou gras is nie onlangs behandel met onkruiddoder of skadelike chemikalieë nie.

Indien jou hond braak nadat hy die gras geëet het, kan dit moontlik ʼn teken wees van ʼn onderliggende gesondheidsprobleem. Ons voorstel is dat jy hom veearts toe neem. VERAL as braking gereeld gebeur.

HOEKOM EET HONDE GRAS #1? – GEDRAG

Ons makgemaakte honde is afstammelinge van aasvreters, so dit is heeltemal normaal vir hulle om alles te eet wat voorkom in die tuin, insluitende gras.

Sommige honde word oordrewe grasvreters, veral wanneer hulle aan angstigheid lei en ander gedragsprobleme toon.  In sulke gevalle is dit die beste om advies te kry by ʼn honde gedragskenner oor hoe om die probleem te hanteer.

HOEKOM EET HONDE GRAS #2? – BEHOEFTES

Alhoewel die grootste gedeelte van jou hond se dieet van proteïne afkomstig moet wees, is hulle redelik alleseters.

Honde se voorgeslagte het gewoonlik die hele prooi verslind, insluitend die maaginhoud wat gras en ander plantmateriaal bevat.  As ons dit in gedagte hou, maak dit tog sin dat jou hond van tyd tot tyd groenigheid wil eet. Die naaste groenigheid beskikbaar, kikoejoegras, is die perfekte peuselhappies. 

Indien jy jou hond ʼn premium hondekos voer, soos EUKANUBA en ROYAL CANIN, het jy nie nodig om bekommerd te wees dat jou troeteldier nie al die nodige voedingstowwe inkry nie.  Dit beteken glad nie dat hulle nie aan die gras in jou tuin gaan knibbel nie, maar ten minste weet jy hulle het nie ʼn essensiële nutriënttekort nie.

HOEKOM EET HONDE GRAS #3? – OMGEKRAPTE MAAG

Honde is baie slim en ʼn ander teorie is dat hulle uitgevind het dat die gras hulle keel kielie wanneer hulle dit insluk, en dit veroorsaak braking.   So wanneer jou hond se maag sleg voel, of hulle van iets ontslae wil raak wat hulle geëet het, eet hulle gewoonlik gras.

As Wagter nie braak nie, normaal eet en gelukkig lyk, dan hoef jy nie bekommerd te wees nie.  Statistieke bewys dat 25 % van honde gewoonlik braak nadat hulle gras geëet het.

OP DIE EINDE VAN DIE DAG

Indien jou hond matigheid voor oë hou en net klein hoeveelhede gras eet, is die nie skadelik nie, en kan dit voordele inhou.  Of dit nou is om ʼn bietjie vesel, vitamiene en minerale te voorsien, of net omdat honde van die smaak hou, bly dit veilig.

Wees net bedag as jy ʼn skielike verandering sien in die hoeveelheid gras wat jou hond eet, of as dit sy maag omkrap, moet jy eerder die veearts besoek.

Hier is ‘n uitstekende video (in Engels) oor hoekom honde gras eet:

One thought on “Hoekom Eet Honde Gras? – Oorsake en Oplossings

  1. My 5 month old Pekingnese eats her own poo since the age of 2 months. Sometimes she vomits afterwards but it is a race between me and the dog to get to the poo first. She tries to hide it from me and the more she poo the more she eats it. Her diet consists of dog pellets, rice and chicken. She begs food when any human eats anything near her and dont know when to stop eating. (that is including her own poo} Help please.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *