Slegte Asem In Troeteldiere – Oorsake En Oplossings

small breed brown and white dog whose teeth is being brushed with a blue toothbrush

Slegte asem in troeteldiere is gewoonlik ‘n teken van mondsiektes. Elke 3 uit 4 troeteldiere ouer as 3 lei daaraan.

Die hoofrede hoekom honde 5 keer meer geneig is tot mondsiektes  en tandbederf as mense, is omdat hulle tande nie gereeld geborsel word nie en die plaak wat opbou veroorsaak dan die slegte reuke.  Wees eerlik met jouself, wie van ons borsel ons troeteldiere se tande daagliks, of enigsins?

Die goeie nuus is dis gewoonlik baie maklik is om slegte asem in troeteldiere te behandel en te bestuur. 

HOEKOM IS TANDVERSORGING SO BELANGRIK VIR ONS HONDE EN KATTE?

Net soos by mense kan tand probleme hewige pyn veroorsaak.  Ons troeteldiere is baie meer gehard, en wys nie sommer die tekens nie.  Gewoonlik is dit net die stink asem as hulle liefderik vir ons glimlag.

Dit begin gewoonlik net met ʼn bietjie plaak wat opbou en tandvleisontsteking, maar dit kan daartoe lei dat ʼn veearts al jou troeteldier se tande moet uittrek.  As ons nie hulle tande mooi versorg nie kan hulle ook ʼn sekondêre infeksie kry wat kan lei tot die beskadiging van die hart, lewer en niere.

HOE HOU JY HULLE ASEM VARS EN TANDE WIT?

Om jou troeteldiere se tande te versorg is basies dieselfde as jou eie.

JAARLIKSE VEEARTS BESOEKE 

Honde en katte moet jaarliks mond en tand ondersoeke by die veearts kry.  Klein hondjies mag dalk meer gereeld die veearts moet besoek omdat hulle ʼn groter risiko het vir mond siektes en tandbederf. Die veearts sal  ʼn mond ondersoek doen en x-strale neem of vas te stel of daar tandvleissiektes is.

Jou troeteldier sal onder narkose geplaas word, sodat die veearts ordentlik na sy tande en tandvleise kan kyk.  Die plaak aanpaksels moet verwyder word en enige dooie weefsel of vrot tande moet uitgehaal word. Indien jou troeteldier ouer is, sal jou veearts ʼn bloedtoets doen voor hy narkose gee om seker te maak dat hulle nie gesondheidsprobleme het wat ʼn risiko kan wees nie.

TANDE BORSEL

As jy nie daagliks jou hond se tande kan borsel nie, borsel net soveel soos wat jy kan.  3 keer ʼn week of selfs een maal ʼn week is beter as niks. Deur jou troeteldier se tande te borsel verhoed of vertraag jy tand- en tandvleis siektes. Maak seker jy gebruik ‘n TANDEBORSEL en TANDEPASTA vir troeteldiere. Pet Dent het ʼn lang tandeborsel of vingerborsel en ʼn smaaklike tandepasta wat geskik is vir honde en katte. Borsel jou troeteldier se tande en vorm sommer ʼn hegte band.  Bederf altyd jou troeteldier met ‘n dental treat of deur net lekker saam te speel.

MONDSPOEL en MONDJEL vir ekstra beskerming en reiniging nadat jy die tande geborsel het, gebruik eers ʼn mond spoel en dan die jel.  As jy sukkel om jou troeteldier se tande te borsel probeer dan ʼn bietjie mond spoel elke dag na ontbyt en mond jel een maal ʼn week.  Dit sal jou net ʼn paar sekondes neem en dit is beter as niks en sal help om die mondsiektes te vertraag.

KOU TYD 

Wanneer jou troeteldiere harde, rubberige speelgoed kou, soos die MINI DENTAL CHEW PACK vir klein hondjies, of die ORKA TRIPLE LINKS vir groter honde en die FRESH BREATH MINT STICKS vir katte vryf dit die plaak en aanpaksels van hulle tande af.  Nie net spaar dit jou tyd nie, dit is ook pret vir jou troeteldier.

VERSNAPERINGE WAT TANDE SKOONHOU  

WHIMZEES, DENTA-DELI en GREENIES is gesonde versnaperinge wat help om plaak te verwyder.  Wees net versigtig om nie te veel te gee nie en hou hulle gewig dop.

Bly weg van gekookte en onbekookte diere bene en hoewe.  Dit kan jou troeteldier se tande breek en obstruksie in die spysverteringskanaal veroorsaak.

GOEIE KWALITEIT KOS 

EUKANUBA hondekos het bestanddele in wat tand versorging aanhelp.  Die hondepille is ook bros en in ʼn spesiale vorm wat help dat plaak nie op die tande vorm nie.  Die meeste goeie kwaliteit hondekos het bros pilletjie wat jou troeteldier se tande skuur terwyl hy kou. Indien jou troeteldier steeds sukkel met mondsiektes, kan jy met jou veearts gesels oor ʼn dieet wat kan help om die probleem op te los.

Ons almal is besig maar ons moet ons prioriteite agtermekaar kry.  ʼn Jaarlikse besoek aan die veearts is nie onderhandelbaar nie. Daardie tande borsel een maal ʼn week, ʼn daaglikse dosis Oral Rinse, ʼn weeklikse jel aanwending, en die versnapering  en dieet om tande skoon te hou sal help om jou troeteldiere gesond te hou met ʼn vars asem en skitterende glimlag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *